Gaan na inhoud

Slee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Seun op 'n slee.
Slee wat deur 'n perde getrek word.

'n Slee is 'n soort voertuig sonder wiele waarmee daar oor gladde oppervlaktes soos ys of sneeu gery word. 'n Slee het twee parallelle lopers (stawe van hout of metaal) aan die onderkant waarop dit gly, met 'n platform waarop mense of goedere vervoer word. Trekdiere soos rendiere, perde en honde word soms ingespan om die slee te trek. Dit word ook vir sommige wintersportsoorte, soos skeleton en bobslee, gebruik.

Die slee is een van die eerste vervoermiddels wat deur mense gebruik is. Dit is reeds lank voor die uitvinding van die wiel deur nomadiese stamme in Siberië en Lapland aangewend. Die Indiane van Noord-Amerika het ook dié metode gebruik om hul besittings van een plek na 'n volgende te sleep. 'n Smeermiddel soos vet is soms aangewend om oor growwer oppervlaktes soos grond en klippe te kan beweeg.

Sleë word as die oudste swaardiens-vervoermiddel in Suid-Afrika beskou, selfs ouer as die ossewa. Dit is onder andere tot in 1990 nog deur bosbouers in die Knysna-bosse gebruik om boomstompe uit die ruigtes te vervoer.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]