Stutterheim
Stutterheim | |
---|---|
Bethel Sendingkerk in Stutterheim | |
Koördinate: 32°34′S 27°25′O / 32.567°S 27.417°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Amahlathi |
Stigting | 1876 |
Regering | |
• Vernoem na | Richard von Stutterheim |
Oppervlak | |
• Totaal | 121,42 km2 (46,88 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 673 |
• Digtheid | 203/km2 (530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 4.4% |
• Swart mense | 90.7% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 87.4% |
• Afrikaans | 5.8% |
• Engels | 5.0% |
• Ander | 1.8% |
Poskode (strate) | 4930 |
Poskode (posbusse) | 4930 |
Skakelkode | 043 |
Stutterheim is 'n dorp in Suid-Afrika, in die provinsie van die Oos-Kaap.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Dit is gestig in 1858 en vernoem na generaalmajoor baron Richard von Stutterheim (1815-1871), bevelvoerder van die Duitse Legioen tydens die Krimoorlog en leier van die 2 400 mans, vroue en kinders wat hulle na die oorlog omstreeks 1857 in die Oos-Kaap kom vestig het. Hulle het grond en geldelike hulp van die Britse regering ontvang as blyk van waardering vir die vrywilligers se hulp tydens die oorlog.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 1 600 km² groot. Daar is groot denne- en wattelplantasies in die distrik, wat floreer as gevolg van die jaarlikse reënval van 500 mm tot 900 mm. Ander belangrike produkte is wol, beesvleis, sitrusvrugte en suiwel. Die beroemde Dõhne-merino is by die Landbounavorsinginstituut Döhne ongeveer 8 km van die dorp ontwikkel. Die graf van Sandile – nou 'n nasionale monument – hoofman van die Ngqika Xhosas is by Mount Kemp, suidwes van Stutterheim.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Stutterheim". Sensus 2011.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Stutterheim webwerf by www.amahlathi.co.za (URL besoek op 22 Maart 2009).
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stutterheim.