Teisesville
Voorkoms
Teisesville | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 29°44′38″S 24°46′44″O / 29.74389°S 24.77889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Letsemeng |
Stigting | 1892 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,39 km2 (0,15 vk. myl) |
Bevolking (2001) | |
• Totaal | 1 743 |
• Digtheid | 4 469/km2 (11 570/vk. myl) |
Rasverdeling (2001) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 78.5% |
• Swart mense | 21.3% |
Taal (2001) | |
• Afrikaans | 88.5% |
• Xhosa | 5.85% |
• Sotho | 5.2% |
• Engels | 0.15% |
• Ander | 0.3% |
Skakelkode | 053 |
Teisesville is 'n nedersetting in die westelike Vrystaat, Suid-Afrika en is een van die dorp Luckhoff se "townships". Tydens die apartheidera was Teisesville waar Luckhoff se Kleurlinge gewoon het. Swartmense het in Relebohile gewoon. Volgens die 2001-sensus het Teisesville 'n bevolking van 1 743 gehad, van wie 1 368 (78,5%) Kleurlinge was.[1]