Vinkel
Voorkoms
Vinkel Foeniculum vulgare | |
---|---|
Vinkel in blom. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Apiaceae (Umbelliferae)
|
Genus: | |
Spesie: | F. vulgare
|
Binomiale naam | |
Foeniculum vulgare |
Vinkel (Foeniculum vulgare) is 'n plantspesie in die genus Foeniculum. Dit is 'n lid van die familie Apiaceae. Die geharde meerjarige plant is 'n krui met geel blomme en veeragtige blare. Dit word algemeen as inheems tot die gebiede om die Middellandse See beskou, maar het in baie wêrelddele gevestig geraak, veral in droë grond naby kusgebiede en rivieroewers.
Dit is 'n baie geurige en smaakvolle krui wat kook- en geneeskundige gebruike besit. Dit is een van die hoofbestanddele van die alkoholiese drank, absint.