Vlag van Groenland
Voorkoms
Bynaam | (kl) Erfalasorput (af) Ons vlag (kl) Aappalaartoq (af) Die rooi |
---|---|
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag en Burgerlike vaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 21 Junie 1985[1] |
Ontwerp | ’n Horisontale tweekleur met ’n wit baan bo en ’n rooi baan onder en ’n skyf aan die vlagpaalkant waarvan die boonste helfte rooi is en die onderste helfte wit. |
Ontwerp deur | Thue Christiansen |
Die nasionale vlag van Groenland is op 21 Junie 1985 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur met ’n wit baan bo en ’n rooi baan onder. Aan die vlagpaalkant is ’n skyf waarvan die boonste helfte rooi is en die onderste helfte wit.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die wit horisontale baan verteenwoordig die yskap en die fjords word verteenwoordig deur die rooi helfte van die skyf. Die wit helfte van die skyf verteenwoordig die ysberge en die pakys en die rooi horisontale baan verteenwoordig die oseaan.[1]
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die verhouding van die horisontale bane is 6:6, met die middel van die skyf horisontaal in die middel van die vlag en op die verhouding 7:11 van die vlagpaalkant af.
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Nog ’n voorgestelde vlag vir Groenland. Dit herinner baie aan die Dannebrog
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Groenland". Flags of the World. Besoek op 7 Februarie 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Groenland. |
- (en) Groenland by Flags of the World.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |