Vlag van Mauritius
Bynaam | (en) The Four Bands (fr) Les Quatre Bandes (af) Die vier bane |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 12 Maart 1968 |
Ontwerp | ’n Horisontale vierkleur met rooi blou geel en groen. |
Ontwerp deur | Gurudutt Moher |
Gebruik | Burgerlike vaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Gebruik | Staatsvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Blou vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 26:57 |
Ontwerp | ’n Vlag met rooi, wit en blou ongelyke vertikale bane met ’n ster en anker/sleutel in die middel. |
Die nasionale vlag van Mauritius is op 12 Maart 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale vierkleur met ewe wye bane in (van bo na onder) rooi, blou, geel en groen. Die vlag staan bekend as The Four Bands in Engels en Les Quatre Bandes in Frans wat "Die vier bane" beteken.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die vier bane van die vlag stel elk die volgende voor: rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid, blou stel die Indiese Oseaan voor (Mauritius is geleë in die Indiese Oseaan), geel stel die nuwe lig van onafhanklikheid voor wat oor die eiland skyn asook die goue sonskyn en groen stel die welige plantegroei van die eiland voor.[1]
Kleure
[wysig | wysig bron]Die amptelike kleurkodes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau.[2]
Kleur en Pantone:
- Rooi 18-1664TC of 185 C
- Blou 19-3939TC of 295 C
- Geel 14-0957TC of 116 C
- Groen 17-6030TC of 356 C
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die huidige vlag is op 12 Maart 1968 aanvaar toe Mauritius onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry het. Die kleure van die vlag is afkomstig van die wapenskild van Mauritius, wat deur Koning Edward VII in 1906 aan Mauritius toegeken is.
Groottes
[wysig | wysig bron]Die amptelike groottes van die vlag is in ooreenstemming met die Mauritius Standard Bureau; standaard MS.1-1:2011. Die vlag het ’n verhouding van 2:3.
Vlagsoort | Breedte × hoogte (mm) |
Hoogte van elke kleurband (mm) |
---|---|---|
Paalvlag | 1800×1200 | 300 |
Lessenaarvlag / handgehoude vlag | 150×100 | 25 |
Motorvlag | 300×200 | 50 |
Geskiedkundige vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van Nederlands-Mauritius; Vlag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, 1638 tot 1710
-
Isle de France; Vlag van Frankryk, 1792 tot 1810
-
Koningin Elizabeth se persoonlike Mauritiaanse vlag
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van Rodrigues
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) The Government Gazette of Mauritius (2015). "THE NATIONAL FLAG ACT 2015" (PDF). The Government Gazette of Mauritius. Besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ (en) "MS 1 National Flag" (PDF). Mauritius Standard Bureau. Oktober 2008. p. 6. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 14 Mei 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Mauritius. |
- (en) Mauritius by Flags of the World.
- (en) "Flag of Mauritius". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |