Gaan na inhoud

Waterpas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Waterpas. Heel links meet 45°
'n Waterpas se buisie
Werking van 'n waterpas. Die lugborrel wys altyd reguit na bo, en is slegs in die middel van die geboë buisie wanneer die waterpas horisontaal is.

'n Waterpas is 'n boukundige instrument wat gebruik word om te bepaal of 'n vlak of lyn presies horisontaal (waterpas), of vertikaal is. Die benaming is waarskynlik van ou herkoms, en verwys na die feit dat stilstaande water se oppervlak altyd op 'n horisontale vlak lê. Die moderne waterpas is deur die Franse fisikus en skrywer Melchisédech Thévenot omstreeks 1661 uitgevind, alhoewel daar onsekerheid hieroor bestaan.

Die byvoeglike naamwoord waterpas beteken akkuraat horisontaal ("hierdie vloer is nie waterpas nie") of akkuraat vertikaal ("hierdie paal staan nie waterpas nie"). Daar bestaan ook waterpasse wat 'n hoek van 45 grade kan meet.

Werking

[wysig | wysig bron]

Die konstruksie van die meetinstrument is baie eenvoudig. Dit het 'n starre, plat oppervlak en 'n geboë deursigtige buisie, op 'n borrel na gevul met 'n gekleurde vloeistof (bv. etanol). In die middel van hierdie buisie is twee strepies aangebring met 'n spasie gelyk aan die afmetings van die borrel. Water is minder geskik as gevolg van sy uitsetting by vriespunt, die naam waterpas is dus misleidend. Wat eintlik hier ter sprake is, is die suiwere bepaling van die rigting van die swaartekrag. Vloeistofoppervlakke in rus verkeer dus loodreg met die rigting van swaartekrag.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]