Yoshihiko Noda
Voorkoms
Yoshihiko Noda (野田 佳彦 Noda Yoshihiko, gebore op 20 Mei 1957) is 'n Japannese politikus wat van 2011 tot 2012 premier van Japan was. Hy was 'n lid van die Demokratiese Party en 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers (laerhuis) in die Kokkai (nasionale wetgewer). Hy is aangewys as Naoto Kan opvolg as gevolg van 'n afloopstem teen Banri Kaieda in sy party, en is op 2 September 2011 formeel deur die keiser aangestel.
Na 'n ernstige verlies vir die DPJ in die algemene verkiesing in Desember 2012, het Noda die nederlaag toegegee en sy bedanking as partyleier aangekondig. Hy is op 26 Desember 2012 deur Shinzō Abe opgevolg as premier.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Yoshihiko Noda.