YouTube-speelknoppie
YouTube Creator Rewards (Engels vir skeppertoekennings),[1] meer algemeen bekend as YouTube Play Buttons (speelknoppies), is 'n erkenning deur YouTube vir die mees populêre kanale op die platform. Dit is apart van die YouTube-toekennings wat bedoel is om die beste gehalte-video's te erken; die YouTube Skepperbelonings is uitsluitlik gebaseer op 'n kanaal se intekenaartal.
Daar is drie vlakke van belonings —
- Die Diamandspeelknoppie, vir kanale met 10,000,000 intekenaars
- Die Goue-speelknoppie, vir kanale met 1,000,000 intekenaars
- Die Silwerspeelknoppie, vir kanale met 100,000 intekenaars
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]By VidCon 2012 se bedryfsdag, het YouTube se uitvoerende hoof, Tim Shey, die Goue-speelknoppie bekendgestel. Dit word toegeken aan die skeppers met meer as een miljoen intekenaars.[2] Tydens die aankondiging het 78 kanale gekwalifiseer vir die toekenning.[3] Daarbenewens het Shey aangekondig dat kanale met meer as 100,000 mense 'n $500 geskenkkaart sal ontvang en 'n DSLR-kamera.[2][3] Kanale met meer as 100,000 mense sou later in aanmerking kom om 'n Silwerspeelknoppie te ontvang.[1][4]
Drie jaar later, tydens die VidCon 2015, het YouTube se vise-president vir produkbestuur, Matthew Glotzbach aangekondig dat die Diamand-speelknoppie bekendgestel is, en dat dit toegeken sal word aan kanale met meer as tienmiljoen intekenaars.[5] [5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "YouTube Creator Rewards" n.d.
- ↑ 2,0 2,1 Cohen 2012.
- ↑ 3,0 3,1 Acuna 2012.
- ↑ Dillon 2015.
- ↑ 5,0 5,1 Brouwer 2015.