1956
Voorkoms
1956 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1951 | 1952 | 1953 | 1954 | 1955 | ◄ 1956 ► | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | 1961 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1956 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Vlag van die Hongaarse Opstand | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1956 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 56ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Soedan verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 26 Januarie-5 Februarie – Die sewende Olimpiese Winterspele word in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.
- 14 Februarie – MiG-21, Russiese vegvliegtuig, se nooiensvlug.
- 2 Maart – Die Franse deel van Marokko word onafhanklik.
- 9 Maart – Sowjettroepe pleeg die Tbilisi-slagting van betogers.
- 20 Maart – Tunisië word van Frankryk onafhanklik.
- 7 April – Die Spaanse deel van Marokko word onafhanklik.
- 19 April – Prins Rainier III van Monaco trou met die Amerikaanse filmstêr Grace Kelly, wat voortaan prinses Gracia heet.
- 28 Junie – Poolse troepe slaan die werkersopstand van Poznań bloedig neer.
- 9 September – Elvis Presley verskyn op die Ed Sullivan Show vir die eerste keer.
- 7 Oktober – Pous Pius XII verklaar Pous Innocentius XI salig.
- 29 Oktober – Die Suezkanaal-krisis begin: Israel val die Sinaiskiereiland in en dwing Egiptiese magte terug na die Suezkanaal.
- 23 Oktober – Die Hongaarse Opstand begin in Boedapest, Hongarye.
- 4 November – Sowjettroepe onderdruk die volksopstand in Hongarye bloedig.
- 12 November – Marokko, Soedan en Tunisië word lidlande van die Verenigde Nasies.
- 22 November-8 Desember – Die 16de Olimpiese Somerspele word in Melbourne, Australië, aangebied.
- 18 Desember – Japan word ingelyf in die Verenigde Nasies.
- K. Boulding formuleer 'n hiërargie van stelsels waarvolgens verskillende stelsels geklasifiseer kan word.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 3 Januarie – Mel Gibson, Australiese akteur en regisseur.
- 23 Januarie – Graeme Bloch, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en onderwyskundige († 2021).
- 26 Januarie – Leon van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus en DA-burgemeester van George.
- 31 Januarie – Trevor Manuel, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
- 22 Februarie − Philip Kerr, Britse skrywer († 2018).
- 23 Februarie – Lydia Winchester, Suid-Afrikaanse musiekpromotor.
- 8 Maart – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse ornitoloog († 2013).
- 8 April – Christine Boisson, Franse aktrise († 2024).
- 7 Mei – Jan Peter Balkenende, Eerste Minister van Nederland.
- 18 Junie – Brian Benben, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 25 Junie – Anthony Bourdain, Amerikaanse akteur en komediant († 2018).
- 9 Julie – Tom Hanks, Amerikaanse akteur.
- 10 Julie – Solomon Mahlangu, lid van die African National Congress (ANC) se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK).
- 23 Julie – Amanda Strydom, Suid-Afrikaanse kabaretsangeres.
- 24 Julie – David Miedzianik, Engelse digter.
- 1 Augustus – Doug Burgum, Amerikaanse entrepreneur, filantroop en politikus.
- 5 Augustus – Maureen McCormick, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 7 Augustus – Christiana Figueres, Costa Ricaanse diplomaat en klimaataktivis.
- 10 Augustus – Peter Robbins, Amerikaanse kinderakteur en stemakteur († 2022).
- 11 September – Joan Hambidge, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en letterkundige kritikus.
- 14 September – Maxime Verhagen, Nederlandse historikus en politikus.
- 17 September – Almazbek Atambajef, Kirgiese politikus en president van 2011–2017.
- 29 September – Jonathan Jansen, Suid-Afrikaanse akademikus, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat.
- 29 September – Sebastian Coe, Britse Olimpiese atleet (naelloper).
- 30 September – Donald Andersen, Deense akteur.
- 1 Oktober – Theresa May, Britse konserwatiewe politikus en voormalige eerste minister (2016–2019).
- 9 Oktober – Michael Bagraim, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die DA.
- 11 Oktober – Coenie de Villiers, Suid-Afrikaanse musikant.
- 19 Oktober – Santu Mofokeng, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2020).
- 21 Oktober – C. Johan Bakkes, Suid-Afrikaanse skrywer, rekenmeester en toergids.
- 28 Oktober – Volker Zotz, Oostenrykse filosoof.
- 28 Oktober – Mahmoud Ahmadinejad, sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran.
- 30 Oktober – Brümilda van Rensburg, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 30 Oktober – Nick Mallett, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 13 November – Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus, tans Speaker van die Nasionale Vergadering.
- 14 November – Peter R. de Vries, Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer († 2021).
- 21 November – Harry Kalmer, Suid-Afrikaanse skrywer († 2019).
- 30 November – Ali Asadov, eerste minister van Azerbeidjan.
- 15 Desember – Tony Leon, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige opposisieleier.
- 23 Desember – Michele Alboreto, Italiaanse F1-renjaer († 2001).
- 27 Desember – Ben-Erik van Wyk, Suid-Afrikaanse plantkundige.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 30 Januarie – Charlie Taylor, vervaardiger van die enjin vir die eerste aangedrewe vlug deur die Wright-broers (* 1868).
- 29 Januarie – Toon van den Heever, Suid-Afrikaanse digter, regter en Hertzogprys-wenner (* 1894).
- 30 Januarie – Gerrit Mannoury, Nederlandse filosoof en wiskundige (* 1867).
- 17 Maart – Irène Joliot-Curie, Franse fisikus en Nobelpryswenner (* 1897).
- 29 April – Wilhelm Ritter von Leeb, Duitse veldmaarskalk en oorlogsmisdadiger (* 1876).
- 4 Junie – Katherine MacDonald, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1881).
- 17 Junie – Clarence van Riet Lowe, Suid-Afrikaanse siviele ingenieur en prehistoriese argeoloog (* 1894).
- 16 Julie – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus (* 1879).
- 11 Augustus – Jackson Pollock, Amerikaanse skilder (* 1912).
- 14 Augustus – Bertolt Brecht, Duitser digter, dramaturg en regisseur (* 1898).
- 28 September – William Edward Boeing, Amerikaanse lugvaartpionier en stigter van die Boeing-maatskappy (* 1881).
- 14 Oktober – Margaret Joslin, Amerikaanse aktrise (* 1883).
- 1 November – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman. (* 1871).
- 1 November – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) (* 1873).
- 23 November – Christo Albertyn Smith, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1898).
- 6 Desember – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus (* 1891).
- 12 Desember − Justin Godart, 'n Franse politikus (* 1871).