Gaan na inhoud

Beenvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Beenvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. glossodonta
Binomiale naam
Albula glossodonta
(Forsskål 1775)

Die Beenvis (Albula glossodonta) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom noordwaarts vanaf die Transkei. In Engels staan die vis bekend as die Bonefish.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n lang silwer-grys liggaam wat piesangvormig is. Die stert is lank en kragtig terwyl die snoet ook lank is met die mond onder die snoet. Die gemiddelde vis weeg tussen 2 en 4 kg terwyl die swaarste visse sowat 10 kg weeg. Beide die Suid-Afrikaanse en wêreld rekord is in KwaZulu-Natal se water opgestel.

Habitat en gewoontes

[wysig | wysig bron]

Die Beenvis verkies vlak maar helder water van riviermondings en mere waar hulle in die sand vir prooi soek. Hulle kom enkel of in klein groepies voor en eet mossels, wurms, garnale, krappe of enige ander organisme wat in die sand voorkom.

Dit is nie gewilde eetvis nie as gevolg van die klein, fyn grate wat in die vis voorkom.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]