Karel Schoeman
Karel Schoeman | |
---|---|
Gebore | 26 Oktober 1939 |
Sterf | 1 Mei 2017 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, vertaler, historikus |
Karel Schoeman (* 26 Oktober 1939, Trompsburg, Oranje-Vrystaat – † 1 Mei 2017, Bloemfontein) was 'n Afrikaanse skrywer.
In 1956 het hy sy matriekeksamen aan die Hoër Jongenskool in die Paarl geslaag. Schoeman het taalkunde aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gestudeer en in 1959 'n BA-graad behaal. In dieselfde jaar het hy die Rooms-Katolieke geloof aangeneem en aan die Rooms-Katolieke Seminarium St. Jean-Marie Vianney in Pretoria gestudeer. In 1961 het hy tot die orde van die Fransiskane in Ierland toegetree. Ná drie jaar se novisiaat in die kloosters van Killarney en Gilwald het hy egter besluit om nie sy gelofte as priester af te lê nie. Hy het in 1964 na Bloemfontein in Suid-Afrika teruggekeer en die Hoër Diploma in Biblioteekkunde behaal.
Pryse en eretoekennings
[wysig | wysig bron]Schoeman se werk is verskeie kere met pryse bekroon. Hy het drie keer die Hertzogprys gewen (in 1970 vir sy romans By fakkellig, 'n Lug vol helder wolke en Spiraal; in 1986 vir 'n Ander land en in 1995 vir Hierdie lewe). Vir die roman 'n Ander land het hy ook die Ou Mutual-prys, die W.A. Hofmeyrprys en die Helgaard Steyn-prys gekry, terwyl hy vir Hierdie lewe ook die CNA-letterkundeprys ontvang het. Vir Verkenning het Schoeman in 1997 die M-Net-boekprys en die Stals-prys vir kultuurgeskiedenis gewen. Hy het in 2002 vir 'n tweede keer die W.A. Hofmeyr-prys vir Armosyn van die Kaap opgeraap. Hy het ook vier Recht Malan-pryse gewen.
In 1999 het hy in Pretoria die Orde van Voortreflike Diens van oudpres. Nelson Mandela ontvang.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Nadat hy sy studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het was hy vir 'n wyle by die Rooms-Katolieke seminarie in Pretoria. Daarna is hy na die buiteland, waar hy van tyd tot tyd gewoon het. Aanvanklik was hy 'n broeder in ʼn Franciskaneklooster in Ierland, waarna hy in onderskeidelik Amsterdam en Kreta gewoon het. Later het hy in Glasgow, Skotland, as verpleër gewerk. Schoeman het later weer in Suid-Afrika gewoon en was verbonde aan die Provinsiale Biblioteekdiens van die Vrystaat. Hoewel Schoeman hoofsaaklik as prosaïs bekend geword het, het hy ook vertalings van dramas soos Tsjechof se Oom Wanja en Schiller se Maria Stuart gedoen.
Soos in sy prosawerk word sy werk gekenmerk deur 'n fyn wisseling van stemminge, die broosheid, tydelikheid en mislukking van menslike verhoudinge en aktuele politieke strominge, en die spanninge van die tyd. Hoewel hy in die periode van die sestigers en die sewentigers val, is sy werk individualisties van aard. Schoeman se debuutwerk, Veldslag, het in 1960 verskyn. Die werk bestaan uit twee novelles wat elk 'n aspek van die Anglo-Boereoorlog as tema het. Hy het ook die volgende romans geskryf: In ballingskap (1964); By fakkellig (1966); Spiraal (1968); ʼn Lug vol helder wolke (1967); Op ʼn eiland (1971); Na die geliefde land (1972); Die noorderlig (1975); Om te sterwe (1976); Afrika: 'n roman (1977); Die hemeltuin (1979); Die reisiger (1980) en Waar ek gelukkig was (1981).
Al die werke handel oor persoonlike verhoudings en in ʼn hele paar, soos Om te sterwe, kom Suid-Afrika se politieke situasie ter sprake. Vir 'n Lug vol helder wolke wat in 1982 deur die SAUK se televisiediens gebeeldsaai is, By fakkellig en Spiraal het Schoeman die Hertzogprys in 1970 verower. Benewens bogenoemde romans het Schoeman ook 'n aantal reisbeskrywings, soos Berig uit die vreemde (1966), Koninkryk in die noorde (1977) en Onderweg (1978), geskryf.
Hy het ook biografiese romans oor kunstenaars soos Shakespeare, Rembrandt en Beethoven geskryf (onderskeidelik Die hart van die son, 1965, Lig in die donker, 1969, en Eroica, 1973). Sy veelsydigheid blyk voorts ook uit ʼn bundel verhale uit die Ierse mitologie: Helde van die rooi tak (1973). In die eerste televisietekste wat in Afrikaans gepubliseer is, Besoek (1975), Die somerpaleis (1975) en Die jare (1976), toon Schoeman, soos in sy ander werk, 'n fyn aanvoeling vir menslike verhoudinge en stemmingswisselinge.
Die laaste stuk word as sy geslaagdste beskou. Bloemfontein, die ontstaan van ʼn stad, 1846-1946, wat in 1980 verskyn het, word alom beskou as ʼn uitsonderlike stuk geskiedskrywing. Die dood van 'n Engelsman (1982) is 'n roman wat ook op historiese gebeure gebaseer is.
Literêre werk
[wysig | wysig bron]Hieronder volg 'n verkorte en bondige lys van werke uit sy omvattende oeuvre:
Romans
[wysig | wysig bron]- 1965: Veldslag - Twee novelles; Die Hart van die Son - 'n Roman oor die lewe van Shakespeare
- 1966: By fakkellig
- 1967: 'n Lug vol helder wolke
- 1968: Spiraal
- 1969: Lig in die donker - 'n Roman oor die lewe van Rembrandt
- 1971: Op 'n eiland
- 1972: Na die geliefde land
- 1973: Eroica - 'n Roman oor die lewe van Beethoven
- 1975: Die Noorderlig
- 1976: Om te sterwe
- 1977: Afrika: 'n Roman
- 1979: Die hemeltuin
- 1980: Die Reisiger (Die roman is geskryf in opdrag van die SAUK vir die eeufees in 1980 van Leipoldt se geboorte. Dit is 'n denkbeeldige herskepping van die kort periode in die lewe van die pas gekwalifiseerde Dokter Leipoldt gedurende die winter van 1908-09 aan boord die privaatjag van die Amerikaanse koerantmagnaat Joseph Pulitzer.)
- 1981: Waar ek gelukkig was
- 1984: 'n Ander land
- 1990: Afskeid en vertrek
- 1993: Hierdie lewe (Deel van Schoeman se Stemme-reeks, as Stemme 2)
- 1995: Die uur van die engel (Deel van Schoeman se Stemme-reeks, as Stemme 3)
- 1996: Verkenning
- 1998: Verliesfontein (Deel van Schoeman se Stemme-reeks, as Stemme 1)
- 2009: Titaan (Historiese roman oor die lewe van Michelangelo Buonarroti)
Reisverslae en -beskrywings
[wysig | wysig bron]- 1977: Koninkryk in die Noorde - 'n boek oor Skotland
- 2011: Riviereland - twee besoeke aan Nederland
- 2013: Deelstad - 'n boek oor Berlyn
- 2017: Afskeid van Europa - Aantekeninge
- 2019: Die laaste reis (Karel Schoeman se “reisbriewe” - mymeringe, gedagtes en herinneringe van sy laaste drie kort reise na Lesotho)
Geskiedkundige werk
[wysig | wysig bron]- Bloemfontein: die ontstaan van 'n stad, 1846-1946 (1980)
- Vrystaatse erfenis (1982)
- Bloemfontein in beeld, 1860-1910 (1987)
- Die Vrijstatia-reeks: Sophie Leviseur: Memories
- Frantz Balfet: Samuel Rolland (1801-1873)
- J.G. Fraser - James Briggs: Sotho War Diaries: 1864-1865
- Die Huis van die Armes: die Berlynse Sendinggenootskap in die OVS, 1833-1869
- Maude Bidwell: Pen Pictures of the Past
- The Free State Mission: the Anglican Church in the OFS, 1863-1883
- Die Herinneringe van JC de Waal
- The Recollections of Elizabeth Rolland (1803-1901)
- The Bloemfontein Diary of Lieut. W.J. St John, 1852-1853
- The Early Days of the Orange Free State
- The Wesleyan Mission in the Orange Free State, 1833-1854
- The Missionary Letters of Gottlob Schreiner, 1873-1846
- The British Presence in the Transorange, 1845-1854
- Armosyn van die Kaap (2001)
- Die suidhoek van Afrika (2003)
- The early Mission in South Africa/Die vroeë Sending in Suid-Afrika, 1799-1819 (2005)
- Kolonie aan die Kaap. Jan van Riebeeck en die vestiging van die eerste blankes, 1652-1662 (2010)
- Die Bosmans van Drakenstein - Persoonlike dokumente van die familie Bosman van Drakenstein, 1705-1842 (2010, getranskribeer en geredigeer deur Karel Schoeman)
- Imperiale somer: Suid-Afrika tussen Oorlog en Unie, 1902 – 1910 (2015)
- Skepelinge - Aanloop tot 'n roman (2017)
- Rekonstruksie - Die naoorlogsjare in Suid-Afrika, 1902-1905 (2021, postuum)
- Babilon - Johannesburg in die koloniale tydperk, 1902-1910 (2021, postuum)
- Herlewing - Transvaal en die grensgebiede in die naoorlogsjare, 1902-1910 (2022, postuum)
Biografieë
[wysig | wysig bron]- In liefde en trou (1989)
- Die wêreld van die digter (1986)
- Olive Schreiner: 'n Lewe in Suid-Afrika, 1855-1881 (1989)
- Only an anguish to live here: Olive Schreiner and the Anglo-Boer War, 1899-1902 (1992)
- Die wêreld van Susanna Smit, 1799 - 1863 (1995)
- The Face of the Country: A South African family album, 1860-1910 (1996)
- Dogter van Sion (1997)
- Merksteen (1998; outobiografie)
- Stamland - 'n Reis deur Nederland (1999; vervolging op Schoeman se "familiebiografie" Merksteen)
- From the collections of the South African Library (1999)
- Die laaste Afrikaanse boek (2002; outobiografie)
- 'n Duitser aan die Kaap, 1724-1765 (2004; outobiografie)
- Witnesses to War: Personal documents of the Anglo-Boer War (1899-1902)
- Slot van die Dag - Gedagtes (2017; outobiografie)
Vertalings in Afrikaans deur Schoeman
[wysig | wysig bron]- Anton Tsjechof, Oom Wanja: Tonele uit die Plattelandse Lewe in Vier Bedrywe (1968)
- Uit die Iers: Middeleeuse Gedigte (1970)
- Helde van die Rooi Tak: Die Saga van Cucullin en die Veeroof van Culne (1973)
- Friedrich Schiller, Maria Stuart (1973)
- Anton Tsjechof, Die Kersieboord: Blyspel in Vier Bedrywe (1975)
- Gode, Helde en Konings: Middeleeuse Ierse Verhale (1975)
- Finn en sy Mense: Die Avonture van die Fianna van Ierland (1976)
- Pieter Langendijk, Die Huweliksbedrog: 'n Blyspel (1976)
- Herman Heijermans, Op Hoop van Seën: 'n Spel van die See in Vier Bedrywe (1979)
- Arthur Schnitzler, Liebelei (1981)
- Rob Nairn, ’n Stil Gemoed: 'n Inleiding tot die Boeddhisme en Meditasie (1997)
Vertalings van Schoeman se werke
[wysig | wysig bron]Vertalings van Schoeman se romans het in Duits, Engels, Frans, Nederlands en Russies verskyn.
Duits
[wysig | wysig bron]- In einem fremden Land ('n Ander land), vertaal deur Gisela Stege, Knaus, München, 1993
- Promised Land (Na die geliefde land), vertaal deur Marion Friedmann, Julian Friedmann Publishers Limited, Londen 1978
- Another Country ('n Ander land), vertaal deur David Schalkwyk, Sinclair-Stevenson, Londen 1991
- Take Leave and Go (Afskeid en Vertrek), vertaal deur Karel Schoeman, Sinclair-Stevenson, Londen 1992
- Miss Godby and the magistrate, uittreksel van Verliesfontein, in Michael Rice en Chris N. van der Merwe (red.) A Century of Anglo-Boer War Stories, Jonathan Ball Publisher, Johannesburg 1999
- This Life (Hierdie Lewe), vertaal deur Elsa Silke, Human & Rousseau, Kaapstad-Pretoria 2005
Frans
[wysig | wysig bron]Kortverhale:
Dans le parc (Die park na die val van die blare); L'hôtel (Die hotel); Point de rupture (Onderbreking), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein in Caravanes, Éditions Phébus, Parys 2003
Romans :
- En étrange pays ('n Ander land), vertaal (uit Engels) deur Jean Guiloineau, Éditions Robert Laffont, Parys 1993, Éditions Rivages, Parys 1998 en Éditions Phébus, Parys 2008
- La saison des adieux (Afskeid en vertrek), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Parys 2004 (Prix Amphi 2006).
- Retour au pays bien-aimé (Na die geliefde land), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Parys 2006.
- Cette vie (Hierdie lewe), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Parys 2009, Prix du Meilleur Livre étranger 2009
- Des voix parmi les ombres (Verliesfontein), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Parys 2014
- L'heure de l'ange (Die uur van die engel), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Parys 2018, Prix Transfuge du Meileur roman africain 2018
- Le jardin céleste (Die Hemeltuin), vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein, Actes Sud, Parys 2022
- Een ander land ('n Ander land), vertaal deur Riet de Jong-Goossens, Uitgeverij Contact, Amsterdam 1993
- Merksteen: een dubbelbiografie (Merksteen: 'n dubbelbiografie), vertaal deur Riet de Jong-Goossens, Uitgeverij De Arbeiderspers, Amsterdam 2004
- Dit leven (Hierdie lewe), vertaal deur Rob van der Veer, Brevier Uitgeverij, Kampen 2014[1] en [2]
- В родную страну (Na die geliefde land), vertaal deur A. K. Slavinska, Прогресс, Moskou 1978
Bronne
[wysig | wysig bron]- Roux, Henk: By Fakkellig deur Karel Schoeman. In: Lantern. Die Kultuurtydskrif. Jaargang 41, nr. 2, 1992, ISSN 0023-8422
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409664, volume 25, bl. 22
- Reise met Schoeman - in die voetspore van die skrywer, 2020, Ria Winters
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2014. Besoek op 3 Maart 2014.
- ↑ http://www.brevieruitgeverij.nl/auteur/492/schoeman-karel.html