Gaan na inhoud

Arthur Schnitzler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arthur Schnitzler
Arthur Schnitzler, ca. 1912
Gebore(1862-05-15)15 Mei 1862[1]
Wene, Oostenrykse Ryk
Sterf21 Oktober 1931 (op 69)
Wene, Eerste Oostenrykse Republiek
NasionaliteitOostenryks
BeroepRomansier, skrywer van kortverhale en dramaturg

Arthur Schnitzler (15 Mei 1862 – 21 Oktober 1931) was 'n Oostenrykse skrywer en dramaturg.

Biografie

[wysig | wysig bron]
Foto deur Aura Hertwig
Foto deur Aura Hertwig
Schnitzler se geboorteplek, Praterstrasse 16

Arthur Schnitzler is gebore in Praterstrasse 16, Leopoldstadt, Wene, die destydse hoofstad van die Oostenrykse Ryk (en vanaf 1867 deel van die dubbele monargie van Oostenryk-Hongarye). Hy was die seun van Johann Schnitzler (1835–1893) en Luise Markbreiter (1838–1911), die dogter van die Weense dokter Philipp Markbreiter. Sy ouers was albei van Joodse families. [2] In 1879 begin Schnitzler geneeskunde studeer aan die Universiteit van Wene en in 1885 ontvang hy sy doktorsgraad in geneeskunde. Hy begin werk in Wene se algemene hospitaal (Duits: Allgemeines Krankenhaus der Stadt Wien), maar laat vaar uiteindelik die dokterspraktyk vir skryfwerk.

Op 26 Augustus 1903 trou Schnitzler met Olga Gussmann (1882–1970), 'n 21-jarige aspirant-aktrise en sangeres wat uit 'n Joodse middelklasgesin kom. Hulle het 'n seun genaamd Heinrich (1902–1982) gehad wat op 9 Augustus 1902 gebore is. In 1909 het hulle 'n dogter, Lili, gehad wat in 1928 selfmoord gepleeg het. Die Schnitzlers het in 1921 geskei. Schnitzler sterf op 21 Oktober 1931 in Wene aan bloeding van die brein. In 1938, na die Anschluss, vertrek sy seun Heinrich na die Verenigde State en keer eers weer in 1959 na Oostenryk terug; hy is die vader van die Oostenrykse musikant en natuurbewaarder Michael Schnitzler, gebore in 1944 in Berkeley, Kalifornië, wat in 1959 saam met sy ouers na Wene verhuis het. [3]

Letterkundige werke

[wysig | wysig bron]

Schnitzler se werke was dikwels kontroversieel, beide as gevolg van die werke se openlike beskrywing van seksualiteit (in 'n brief aan Schnitzler erken Sigmund Freud: "Ek het die indruk gekry dat u deur intuïsie geleer het - alhoewel eintlik seker as gevolg van sensitiewe introspeksie - alles wat ek moes opdiep deur moeisame werk aan ander persone") [4] en die sterk standpunt daarvan teen antisemitisme, verteenwoordig deur werke soos sy toneelstuk Professor Bernhardi en sy roman Der Weg ins Freie. Alhoewel Schnitzler Joods was, is Professor Bernhardi en Fräulein van die min duidelik identifiseerbare Joodse protagoniste in sy werk.

Schnitzler is gebrandmerk as 'n pornograaf na die vrystelling van sy toneelstuk La Ronde (Reigen), waarin tien paar karakters voor en na die seksuele daad vertoon word. Die woede na hierdie toneelstuk was in die sterkste moontlike antisemitiese terme verwoord. [5] Reigen is in 1950 verwerk tot 'n Franstalige rolprent deur die Duits-gebore regisseur Max Ophüls onder die titel La Ronde. Die rolprent behaal aansienlike sukses in die Engelssprekende wêreld, met die gevolg dat die toneelstuk van Schnitzler beter bekend is onder die Franse titel daarvan. Richard Oswald se rolprent getiteld The Merry-Go-Round (1920), Roger Vadim se Circle of Love (1964) en Otto Schenk se Der Reigen (1973), is ook gebaseer op die toneelstuk. Meer onlangs, in Fernando Meirelles se rolprent 360, is Schnitzler se toneelstuk van 'n nuwe weergawe voorsien, soos die geval was met baie ander TV- en filmproduksies.

In die novelle Fräulein Else (1924) weerlê Schnitzler heel waarskynlik kritiek op die Joodse karakter deur Otto Weininger (1903) deur die vergestalting van die seksualiteit van die jong vroulike Joodse protagonis. [6] Die verhaal, 'n eerstepersoon bewussynstroom diskoers deur 'n jong aristokratiese vrou, onthul 'n morele dilemma wat eindig in tragedie.

In antwoord op 'n onderhoudvoerder wat Schnitzler gevra het wat hy dink oor die kritiese oordeel dat dit wil voorkom asof sy werke herhaaldelik dieselfde onderwerpe behandel, antwoord hy: "Ek skryf van liefde en dood. Watter ander onderwerpe is daar?" [7] Ondanks sy erns, daal Schnitzler dikwels na die slaapkamer-klug in sy toneelstukke (hy het ook 'n verhouding gehad met Adele Sandrock, een van sy aktrises). Professor Bernhardi, 'n toneelstuk oor 'n Joodse dokter wat 'n Katolieke priester die deur wys ten einde sodoende die bewuswording van 'n pasiënt dat sy op die punt van haar oorlye is te voorkom, is sy enigste groot dramatiese werk sonder 'n seksuele tema.

Schnitzler was 'n lid van die avant-garde-groep Jong Wene (Jung-Wien), en het geëksperimenteer met formele sowel as sosiale gebruike. Met sy novelle Leutnant Gustl uit 1900 was hy die eerste skrywer om Duitse fiksie te skryf met behulp van die bewussynstroom verteltegniek. Die verhaal is 'n onvleiende portret van sy hoofkarakter en van die leër se obsessiewe kode met eer. Dit het veroorsaak dat Schnitzler van sy kommissie as reservis in die mediese korps gestroop is - iets wat gesien moet word teen die agtergrond van 'n toenemende gety van antisemitisme destyds.

Hy spesialiseer in korter werke soos novelles en toneelstukke. In sy kortverhale soos Die Grüne Krawatte bewys hy homself as een van die vroeë meesters van mikrofiksie. Hy het egter ook twee vollengte romans geskryf naamlik: Der Weg ins Freie, wat handel oor 'n talentvolle, maar ongemotiveerde jong komponis, en wat 'n briljante tentoonstelling is van 'n segment van die Weense samelewing voor die Eerste Wêreldoorlog; en die artisties minder bevredigende Therese.

Benewens sy toneelstukke en fiksie, het Schnitzler noukeurig vanaf die ouderdom van 17 tot twee dae voor sy dood 'n dagboek gehou. Die manuskrip, wat tot byna 8000 bladsye strek, is veral opvallend vir Schnitzler se toevallige beskrywings van seksuele verowerings; hy was gereeld in gelyklopende verhoudings met verskeie vroue gewikkel. Versamelings van Schnitzler se briewe is ook gepubliseer.

Schnitzler se werke is deur Adolf Hitler "Joodse uitskot" genoem en is deur die Nasionaal-Sosialiste in Oostenryk en Duitsland verbied. In 1933, toe Joseph Goebbels boekverbrandings in Berlyn en ander stede georganiseer het, is Schnitzler se werke in vure gegooi saam met dié van ander Jode, waaronder Einstein, Marx, Kafka, Freud en Stefan Zweig. [8]

Sy novelle Fräulein Else is 'n aantal kere verwerk vir film, waaronder die Duitse stilfilm Fräulein Else (1929 ), met Elisabeth Bergner, en die Argentynse film uit 1946 getiteld "The Naked Angel", met Olga Zubarry.

Werke

[wysig | wysig bron]

Die jare verwys na die datum wat die manuskrip uit druk uit was.

Teaterstukke

[wysig | wysig bron]
  • Das Abenteuer seines Lebens (Komedie, 1888)
  • Alkandi’s Lied (Dramatiese Gedig, 1889)
  • Das Märchen (Blyspel, 1891)
  • Anatol (1893)
    • Die Frage an das Schicksal
    • Weihnachtseinkäufe
    • Episode
    • Denksteine
    • Abschiedssouper
    • Agonie
    • Anatols Hochzeitsmorgen
  • Die überspannte Person (Einakter, 1894)
  • Halbzwei (Einakter, 1894)
  • Liebelei (Toneelstuk premier 1895; Gedruk 1896). Die werk is deur Karel Schoeman in Afrikaans vertaal onder 'n gelyknamige titel.
  • Freiwild (1896)
  • Reigen. Zehn Dialoge (saamgestel/geskryf 1896/97, Gedruk 1903)
  • Das Vermächtnis (blyspel, 1897)
  • Paracelsus (blyspel, 1897)
  • Der grüne Kakadu (Groteske, 1898)
  • Die Gefährtin (Drama, 1898)
  • Der Schleier der Beatrice (Drama, 1899)
  • Sylvesternacht (1900)
  • Lebendige Stunden (Eenbedryf siklus, geskep in 1901, gedruk in 1902)
    • Lebendige Stunden (Eenbedryf)
    • Die Frau mit dem Dolche
    • Die letzten Masken
    • Literatur
  • Der einsame Weg (blyspel, 1903)
  • Marionetten. Drei Einakter (1906)
    • Der Puppenspieler (Eenbedryf, 1904)
    • Der tapfere Cassian (Eenbedryf, 1904)
    • Zum großen Wurstel (oorspronklik: Marionetten, eenbedryf toneelstuk, 1904)
  • Zwischenspiel (Komödie 1904)
  • Der Ruf des Lebens (Drama, 1905)
  • Komtesse Mizzi oder Der Familientag (blyspel, 1907)
  • Die Verwandlungen des Pierrot (Pantomieme, 1908)
  • Der tapfere Kassian (Singspiel, 1909)
  • Der junge Medardus (blyspel, 1909)
  • Das weite Land (Tragikomedie, 1910)
  • Professor Bernhardi (blyspel, 1912)
  • Komödie der Worte (1915)
    • Stunde des Erkennens
    • Große Szene
    • Das Bacchusfest
  • Fink und Fliederbusch (Komedie 1917)
  • Die Schwestern oder Casanova in Spa (1919)
  • Der Gang zum Weiher (Drama, 1921)
  • Komödie der Verführung (blyspel, 1923)
  • Im Spiel der Sommerlüfte (Drama, 1929)
  • Das Wort (Drama, Fragment)
  • Zug der Schatten (Drama, Fragment)
  • Ritterlichkeit (Drama, Fragment)

Romans

[wysig | wysig bron]
  • Der Weg ins Freie (1907)
  • Therese. Chronik eines Frauenlebens (1928)

Verhale en novelles

[wysig | wysig bron]
  • Welch eine Melodie (1885)
  • Er wartet auf den vazierenden Gott (1886)
  • Amerika (1887)
  • Erbschaft (1887)
  • Der Fürst ist im Hause (1888)
  • Mein Freund Ypsilon (1889)
  • Der Andere. Aus dem Tagebuch eines Hinterbliebenen (1889)
  • Reichtum (1889)
  • Die drei Elixire (1890)
  • Die Braut (1891)
  • Sterben (1892)
  • Der Sohn (1892)
  • Die Komödiantinnen (1893)
  • Die kleine Komödie (1893)
  • Spaziergang (1893)
  • Blumen (1894)
  • Der Witwer (1894)
  • Später Ruhm (1894)
  • Der Empfindsame (1895)
  • Ein Abschied (1896)
  • Die Frau des Weisen (1896)
  • Der Ehrentag (1897)
  • Die Toten schweigen (1897)
  • Die Nächste (1899)
  • Um eine Stunde (1899)
  • Ein Erfolg (1900)
  • Legende (Fragment, 1900)
  • Frau Bertha Garlan (1900)
  • Leutnant Gustl (1900)
  • Der blinde Geronimo und sein Bruder (1900)
  • Wohltaten, still und rein gegeben (1900)
  • Andreas Thameyers letzter Brief (1900)
  • Die grüne Krawatte (1901)
  • Boxeraufstand (Fragment, 1901)
  • Die griechische Tänzerin (1902)
  • Die Fremde (ook: Dämmerseele, 1902)
  • Exzentrik (1902)
  • Das Schicksal des Freiherrn von Leisenbohg (1903)
  • Die Weissagung (1904)
  • Abendspaziergang (1905)
  • Das neue Lied (1905)
  • Der Tod des Junggesellen (1907)
  • Der tote Gabriel (1907)
  • Geschichte eines Genies (1907)
  • Das Tagebuch der Redegonda (1909)
  • Der Mörder (1910)
  • Die dreifache Warnung (1911)
  • Die Hirtenflöte (1911)
  • Frau Beate und ihr Sohn (1913)
  • Flucht in die Finsternis (1912–17)
  • Doktor Gräsler, Badearzt (1917)
  • Der letzte Brief eines Literaten (1917)
  • Ich (1917)
  • Casanovas Heimfahrt (1918)
  • Fräulein Else (1924)
  • Die Frau des Richters (1925)
  • Traumnovelle (1926)
  • Spiel im Morgengrauen (1926)
  • Abenteurernovelle (Fragment, 1928)
  • Der Sekundant (1931)

Outobiografie

[wysig | wysig bron]
  • Leben und Nachklang, Werk und Widerhall, ontstaan ​​hoofsaaklik in 1916–1918, gepubliseer as: Arthur Schnitzler: Jugend in Wien. Eine Autobiographie. Uitgawe deur Therese Nickl en Heinrich Schnitzler. Met 'n nawoord deur Friedrich Torberg. Wene, München, Zürich, New York: Fritz Molden 1968.

Werkuitgawes

[wysig | wysig bron]
  • Gesammelte Werke in zwei Abteilungen. [7 Bde.] S. Fischer, Berlyn 1912.
  • Gesammelte Werke in zwei Abteilungen. 9 Bde. S. Fischer, Berlyn 1922.
  • Gesammelte Werke. S. Fischer, Frankfurt am Main 1961–1977.
    • Die erzählenden Schriften. 2 Bde., 1961.
    • Dramatische Werke. 2 Bde., 1962.
    • Aphorismen und Betrachtungen. Hg. Robert O. Weiss. 1967.
    • Entworfenes und Verworfenes. Aus dem Nachlaß. Hrsg. Reinhard Urbach. 1977.
  • Historisch-kritische Ausgabe des Frühwerks. Uitgawe deur Konstanze Fliedl. De Gruyter, Berlyn 2011ff.
  • Arthur Schnitzler digital. Digitale historisch-kritische Edition (Werke 1905–1931). Uitgawe deur Wolfgang Lukas, Michael Scheffel, Andrew Webber en Judith Beniston in samewerking met Thomas Burch. Wuppertal, Cambridge, Trier 2018 ff. <https://www.arthur-schnitzler.de/edition>.

Raadpleeg Schnitzler-Editionsprojekte vir huidige uitgawe-projekte

Dagboeke

[wysig | wysig bron]
  • "Dagboek 1879–1931." Gepubliseer deur die Kommissie vir Letterkundige Gebruiksvorme van die Oostenrykse Akademie vir Wetenskappe, Voorsitter: Werner Welzig. Wene: Verlag der Österreichischen Akademie der Wissenschaften, 1981–2000, Gratis PDF aanlyn:
    • 1879–1892. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1987)
    • 1893–1902. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Konstanze Fliedl, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1989)
    • 1903–1908. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1991)
    • 1909–1912. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Richard Miklin, Maria Neyses, Susanne Pertlik, Walter Ruprechter en Reinhard Urbach, 1981)
    • 1913–1916. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Richard Miklin, Susanne Pertlik, Walter Ruprechter en Reinhard Urbach, 1983)
    • 1917–1919. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Richard Miklin, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1985)
    • 1920–1922. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1993)
    • 1923–1926. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1995)
    • 1927–1930. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 1997)
    • 1931. Gesamtverzeichnisse 1897–1931. (met die medewerking van Peter Michael Braunwarth, Susanne Pertlik en Reinhard Urbach, 2000). Berichtigungen und Ergänzungen Geargiveer 14 Desember 2014 op Wayback Machine (PDF)
  • Tagebuch 1879–1931. Digitale uitgawe. Uitgawe deur die Oostenrykse Sentrum vir Digitale Geesteswetenskappe, 2019
  • Träume. Das Traumtagebuch 1875–1931. Uitgegee deur Peter Michael Braunwarth en Leo A. Lensing, Wallstein, Göttingen 2012, ISBN 978-3-8353-1029-2.

Briewe

[wysig | wysig bron]
  • Robert Adam
  • Peter Altenberg
  • Lou Andreas-Salomé
  • Hermann Bahr
  • Richard Beer-Hofmann
  • Franz Blei
  • Oscar Blumenthal
  • Georg Brandes
  • Max Burckhard
  • Wilhelm Bölsche
  • Michael Georg Conrad
  • Paula Dehmel
  • Richard Dehmel
  • Albert Ehrenstein
  • Friedrich M. Fels
  • Stefan Großmann
  • Gerhart Hauptmann
  • Hugo von Hofmannsthal
  • Eduard Michael Kafka
  • Karl Kraus
  • Detlev von Liliencron
  • Fedor Mamroth
  • Thomas Mann
  • Laura Marholm
  • Alfred Polgar
  • Julius Rodenberg
  • Frank Wedekind
  • Joseph Victor Widmann
  • Arthur Schnitzler: Briefe 1875–1912. Reds. Therese Nickl en Heinrich Schnitzler. Frankfurt am Main: S. Fischer 1981. (aanlyn)
  • Arthur Schnitzler: Briefe 1913–1931. Reds. Peter Michael Braunwarth, Richard Miklin, Susanne Pertlik en Heinrich Schnitzler. Frankfurt am Main: S. Fischer 1984. (online)
  • Hermann Bahr, Arthur Schnitzler: Briefwechsel, Aufzeichnungen, Dokumente 1891–1931. Redakteure, Kurt Ifkovits, Martin Anton Müller. Göttingen: Wallstein 2018, ISBN 978-3-8353-3228-7 Verlagspräsentation, PDF, Erweiterte Webpräsentation
  • Georg Brandes und Arthur Schnitzler. Ein Briefwechsel. Geredigeer deur Kurt Bergel. Bern: Francke 1956. (aanlyn)
  • Hugo von Hofmannsthal und Arthur Schnitzler: Briefwechsel. Geredigeer deur Therese Nickl en Heinrich Schnitzler. Frankfurt am Main: S. Fischer 1964. (aanlyn)
  • „Das Mädchen mit den dreizehn Seelen.“ Eine Korrespondenz ergänzt durch Blätter aus Hedy Kempnys Tagebuch sowie durch eine Auswahl ihrer Erzählungen. Gepubliseer deur Heinz P. Adamek, Rowohlt, Reinbek naby Hamburg 1984, ISBN 3-499-15457-9.
  • Heinz P. Adamek (Redakteur): In die Neue Welt – Arthur Schnitzler – Eugen Deimel, Briefwechsel. Holzhausen, Wene 2003, ISBN 3-85493-074-7. (aanlyn)
  • Arthur Schnitzler und Olga Waissnix: Liebe, die starb vor der Zeit. Ein Briefwechsel. Geredigeer deur Therese Nickl en Heinrich Schnitzler. Wene, München, Zürich: Molden 1970. (aanlyn)

Filmwerk

[wysig | wysig bron]
  • Filmarbeiten. Drehbücher, Entwürfe, Skizzen. Hg. von Achim Aurnhammer, Hans Peter Buohler, Philipp Gresser, Julia Ilgner, Carolin Maikler und Lea Marquart. Ergon, Würzburg 2015, ISBN 978-3-95650-057-2.

Verfilmings

[wysig | wysig bron]

Schnitzler se werk het gedien as bron vir talle rolprente, waaronder:

  • Fräulein Else (1929), Regie: Paul Czinner
  • Liebelei (1933), Regie: Max Ophüls
  • Der Reigen (1950), Regie: Max Ophüls
  • Christine (1958), Regie: Pierre Gaspard-Huit, nach Liebelei
  • Eyes Wide Shut (1999), Regie: Stanley Kubrick, na Traumnovelle (1926)
  • Fräulein Else (2013), Regie: Anna Martinetz

Vir die rolprent 360 (2011) dien die struktuur van Der Reigen as inspirasie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "This day, May 15, in Jewish history". Cleveland Jewish News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2014. Besoek op 19 Augustus 2020.
  2. "The Road to The Open (JC Verite European Classics Book 1) – Kindle edition by Arthur Schnitzler, J. Chakravarti, Horace Samuel. Literature & Fiction Kindle eBooks @ Amazon.com". amazon.com.
  3. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op 2012-01-25.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  4. Schnitzler's hidden manuscripts explored Geargiveer 15 Maart 2010 op Wayback Machine at research-horizons.cam.ac.uk
  5. Arthur Schnitzler scandal Geargiveer 28 Januarie 2007 op Wayback Machine at virtualvienna.net
  6. Barker, Andrew (2001). "Race, Sex and Character in Schnitzler's Fräulein Else." German Life and Letters. v. 54(1):1–9.
  7. Nicholas., Parsons (2009). Vienna : a cultural history. Oxford: Oxford University Press. ISBN 9780195376067. OCLC 221155367.
  8. Liukkonen, Petri. "Arthur Schnitzler". Books and Writers (kirjasto.sci.fi). Finland: Kuusankoski Public Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2012.

Verdere leeswerk

[wysig | wysig bron]
  • Theodor Reik, Arthur Schnitzler als Psychologe (Minden, 1913)
  • H. B. Samuel, Modernities (Londen, 1913)
  • J. G. Huneker, Ivory, Apes, and Peacocks (New York, 1915)
  • Ludwig Lewisohn, The Modern Drama (New York, 1915)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]