Aardtak
Chinese diereriem | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 生肖 | |
Vereenvoudigde Chinees | 生肖 | |
Pinyin | shēngxiào | |
Jyutping | saang1-ciu3 |
Die Aardtakke of Twaalf Takke is ’n rankskikkingstelsel wat in Oos-Asië gebruik word op verskeie gebiede, soos in die antieke datumstelsel, astrologie en die Chinese diereriem.
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Die stelsel van die twaalfjaarsiklus van dieretekens is saamgestel uit waarnemings van Jupiter (die "Jaarster", Suìxīng) se wentelbaan om die Son. Chinese sterrekundiges het die wentelbaan in 12 dele verdeel en dit tot 12 jaar afgerond (van Jupiter se wenteltyd van 11,86 jaar).[1] Jupiter word verbind met die Chinese sterrebeeld Sheti (摄提 of 歳星), die Veewagter, en word soms Sheti genoem.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die 12 jare van die Jupiter-siklus identifiseer ook die 12 maande van die jaar, 12 tekens in die diereriem, rigtings, seisoene en Chinese dubbelure. Wanneer ’n spesifieke tyd bedoel word, beteken dit die middel van die dubbeluur. Die Perd (马) beteken byvoorbeeld 12:00, of ’n tydperk van 11:00 tot 13:00. (Die jie qi-stelsel het enkelure en 15-graad-boë verskaf in tyd en ruimte.)
Chinese seisoene is geskoei op waarnemings van die son en sterre. Baie Chinese kalenders het die nuwe jaar begin op die tweede donkermaan ná die wintersonstilstand.
Die Aardtakke word vandag saam met die Hemelstamme gebruik in die huidige weergawe van die Chinese kalender en in Taoïsme. Die Ganzhi (Stam-Tak)-kombinasie vorm die 60-jaarsiklus van die Chinese kalender.
Twaalf Takke
[wysig | wysig bron]Aardtak | Pinyin | Chinese dier | Japannese dier | Rigting | Seisoen | Maanmaand | Dubbeluur | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 子 | zǐ | 鼠 Rot |
鼠 | 0° (noord) | winter | Maand 11 | 23:00 tot 01:00 (middernag) |
2 | 丑 | chǒu | 牛 Os |
牛 Koei |
30° | Maand 12 | 01:00 tot 03:00 | |
3 | 寅 | yín | 虎 Tier |
虎 | 60° | lente | Maand 1 | 03:00 tot 05:00 |
4 | 卯 | mǎo | 兔 Konyn |
兎 | 90° (oos) | Maand 2 | 05:00 tot 07:00 | |
5 | 辰 | chén | 龙(龍) Draak |
竜 (龍) | 120° | Maand 3 | 07:00 tot 09:00 | |
6 | 巳 | sì | 蛇 Slang |
蛇 | 150° | somer | Maand 4 | 09:00 tot 11:00 |
7 | 午 | wǔ | 马(馬) Perd |
馬 | 180° (suid) | Maand 5 | 11:00 tot 13:00 (12:00) | |
8 | 未 | wèi | 羊 Bok |
羊 | 210° | Maand 6 | 13:00 tot 15:00 | |
9 | 申 | shēn | 猴 Aap |
猿 | 240° | herfs | Maand 7 | 15:00 tot 17:00 |
10 | 酉 | yǒu | 鸡(雞) Haan |
鶏 (鳥) Hoender |
270° (wes) | Maand 8 | 17:00 tot 19:00 | |
11 | 戌 | xū | 狗 Hond |
犬 | 300° | Maand 9 | 19:00 tot 21:00 | |
12 | 亥 | hài | 猪(豬) Vark |
猪 | 330° | winter | Maand 10 | 21:00 tot 23:00 |
Sommige lande vervang van die Chinese diere met ander: Viëtnam vervang die Os en Konyn onderskeidelik met die Waterbuffel en Kat; Japan vervang die Vark met die Wildevark; Tibet vervang die Haan met die Voël, ens.
Rigtings
[wysig | wysig bron]Hoewel daar in Chinees woorde vir die windrigtings is, het matrose en astroloë verkies om die vier rigtings van die Aardtakke te gebruik. Omdat 12 punte nie genoeg was vir skeepvaart nie, is nog 12 punte bygevoeg. In plaas daarvan om twee aangrensende rigtingname vir die nuwe punte te gebruik, is nuwe name gekies:
- Vir die vier diagonale rigtings is die betrokke trigramname van I Ching gebruik.
- Vir die res is die Hemelstamme (1-4, 7-10) gebruik. Volgens die Vyf Elemente-teorie word oos aan Hout toegeken en die stamme van Hout is 甲 (jiǎ) en 乙 (yǐ). Hulle is dus kolksgewys aan die twee bykomende punte van die ooste toegeken.
Die 24 rigtings is:
Karakter | Mandaryns | Rigting | |
---|---|---|---|
1 | 子 | ㄗˇ zǐ | 0° (noord) |
2 | 癸 | ㄍㄨㄟˇ guǐ | 15° |
3 | 丑 | ㄔㄡˇ chǒu | 30° |
4 | 艮 | ㄍㄣˋ gèn | 45° (noordoos) |
5 | 寅 | ㄧㄣˊ yín | 60° |
6 | 甲 | ㄐㄧㄚˇ jiǎ | 75° |
7 | 卯 | ㄇㄠˇ mǎo | 90° (oos) |
8 | 乙 | ㄧˇ yǐ | 105° |
9 | 辰 | ㄔㄣˊ chén | 120° |
10 | 巽 | ㄒㄩㄣˋ xùn | 135° (suidoos) |
11 | 巳 | ㄙˋ sì | 150° |
12 | 丙 | ㄅㄧㄥˇ bǐng | 165° |
13 | 午 | ㄨˇ wǔ | 180ㄑ° (suid) |
14 | 丁 | ㄉㄧㄥ dīng | 195° |
15 | 未 | ㄨㄟˋ wèi | 210° |
16 | 坤 | ㄎㄨㄣ kūn | 225° (suidwes) |
17 | 申 | ㄕㄣ shēn | 240° |
18 | 庚 | ㄍㄥ gēng | 255° |
19 | 酉 | ㄧㄡˇ yǒu | 270° (wes) |
20 | 辛 | ㄒㄧㄣ xīn | 285° |
21 | 戌 | ㄒㄩ xū | 300° |
22 | 乾 | ㄑㄧㄢˊ qián | 315° (noordwes) |
23 | 亥 | ㄏㄞˋ hài | 330° |
24 | 壬 | ㄖㄣˊ rén | 345° |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Dr Zai, J. Taoism and Science: Cosmology, Evolution, Morality, Health and more. Ultravisum, 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hemelstamme en Aardtakke - Hongkong-sterrewag Geargiveer 4 November 2018 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aardtak.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia