Gaan na inhoud

Epsilon Canis Majoris

Koördinate: Sky map 06h 58m 37.6s, −28° 58′ 19″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Epsilon Canis Majoris
Die ligging van Epsilon Canis Majoris (in die rooi sirkel).
Die ligging van Epsilon Canis Majoris (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Groot Hond
Spektraaltipe B2 II[1]
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 06h 58m 37.6s
Deklinasie -28° 58′ 19″
Skynmagnitude (m) 1,5[2]
Absolute magnitude (M) -4,8[3]
B-V-kleurindeks  -0,21[2]
U-B-kleurindeks  -0,93[2]
Besonderhede
Massa (M) 12,6 ± 1,0[1]
Radius (R) 13,9[4]
Ligsterkte (L) 38 700[5]
Ouderdom (jaar) 22,5 ± 2,6 miljoen[1]
Temperatuur (K) 22 900[5]
Afstand (ligjaar) 430
Rotasiespoed (km/s) 25[6]
Ander name
Adhara, 21 CMa, ADS 5654, CD-28°3666, FK5 268, HD 52089, HIP 33579, HR 2618, SAO 172676
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Epsilon Canis Majoris (afgekort as ε CMa) is ’n dubbelster en, ondanks sy Bayer-aanwysing van epsilon, die tweede helderste ster in die sterrebeeld Groot Hond (Canis Major). Met ’n skynbare magnitude van 1,5 is dit een van die helderste sterre in die naglug. Sowat 4,7 miljoen jaar gelede was dit die helderste ster, met ’n skynbare magnitude van -3,99.[7] Volgens parallaksmetings is dit sowat 430 ligjare van die Son af.[8]

Die twee komponente word ε Canis Majoris A (amptelik bekend as Adhara)[9][10] en B genoem.

Die dubbelster se Bayer-naam is "Epsilon Canis Majoris". Dit het die tradisionele naam "Adhara" gehad, van die Arabiese woord عذارى aðāra, "maagde".[11] In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[12] dié naam vir Epsilon Canis Majoris A goedgekeur, aangesien hulle eiename eerder aan individuele sterre as aan stelsels toegeken het.[13]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Epsilon Canis Majoris is ’n dubbelster.[14][15] Die primêre ster, ε Canis Majoris A, het ’n skynbare magnitude van 1,5 en het die sterreklassifikasie B2. Sy kleur is blou of witblou vanweë sy effektiewe temperatuur van 22 200 K. Sy ligsterkte is 38 700 keer dié van die Son en dit is die helderste bekende ultravioletbron in die lug.[16]

Dit het ’n metgeselster, ε Canis Majoris B, sowat 7,5 boogsekondes van hom af. Ongeag die relatief groot hoekafstand kan die komponente net met groot teleskope van mekaar onderskei word omdat die primêre ster sowat 250 keer helderder as sy metgesel is.

Sowat 4,7 miljoen jaar gelede was Adhara 34 ligjare van die Son af en was dit die helderste ster, met ’n magnitude van -3,99. Geen ander ster was sedertdien so helder nie, en geen ander ster sal vir die volgende minstens 5 miljoen jaar so helder wees nie.[7]

Kultuuraspek

[wysig | wysig bron]

Epsilon Canis Majoris verskyn op die nasionale vlag van Brasilië en verteenwoordig die staat Tocantins.[17]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Tetzlaff, N.; Neuhäuser, R.; Hohle, M. M. (Januarie 2011), "A catalogue of young runaway Hipparcos stars within 3 kpc from the Sun", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 410 (1): 190–200, doi:10.1111/j.1365-2966.2010.17434.x, Bibcode2011MNRAS.410..190T 
  2. 2,0 2,1 2,2 Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system". CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues. 2237: 0. Bibcode:2002yCat.2237....0D.
  3. Snow, Theodore P.; Lamers, Henny J. G. L. M.; Lindholm, Douglas M.; Odell, Andrew P. (1994). "An atlas of ultraviolet P Cygni profiles". The Astrophysical Journal Supplement Series. 95: 163. Bibcode:1994ApJS...95..163S. doi:10.1086/192099.
  4. Underhill, A. B. et al. (November 1979), "Effective temperatures, angular diameters, distances and linear radii for 160 O and B stars", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 189 (3): 601–605, doi:10.1093/mnras/189.3.601, Bibcode1979MNRAS.189..601U 
  5. 5,0 5,1 Lyubimkov, L. S.; Rostopchin, S. I.; Lambert, D. L. (Junie 2004), "Surface abundances of light elements for a large sample of early B-type stars - III. An analysis of helium lines in spectra of 102 stars", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 351 (2): 745–767, doi:10.1111/j.1365-2966.2004.07825.x, Bibcode2004MNRAS.351..745L 
  6. Abt, Helmut A.; Levato, Hugo; Grosso, Monica (July 2002), "Rotational Velocities of B Stars", The Astrophysical Journal 573 (1): 359–365, doi:10.1086/340590, Bibcode2002ApJ...573..359A. 
  7. 7,0 7,1 Tomkin, Jocelyn (April 1998). "Once and Future Celestial Kings" (PDF). Sky and Telescope. 95 (4): 59–63. Bibcode:1998S&T....95d..59T.[dooie skakel]|bot=InternetArchiveBot |fix-attempted=yes }}
  8. van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  9. Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hers. uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN 978-1-931559-44-7.
  10. "Naming Stars" (in Engels). IAU.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 18 Junie 2018.
  11. Allen, R. H. (1963). Star Names: Their Lore and Meaning (Herdruk uitg.). New York: Dover Publications. p. 130. ISBN 0-486-21079-0. Besoek op 5 Julie 2018.
  12. IAU Working Group on Star Names (WGSN), International Astronomical Union, https://www.iau.org/science/scientific_bodies/working_groups/280/, besoek op 22 Mei 2016. 
  13. "WG Triennial Report (2015-2018) - Star Names" (PDF). p. 5. Besoek op 14 Julie 2018.
  14. Perryman, M. A. C.; Lindegren, L.; Kovalevsky, J.; Hoeg, E.; Bastian, U.; Bernacca, P. L.; Crézé, M.; Donati, F.; Grenon, M.; Grewing, M.; Van Leeuwen, F.; Van Der Marel, H.; Mignard, F.; Murray, C. A.; Le Poole, R. S.; Schrijver, H.; Turon, C.; Arenou, F.; Froeschlé, M.; Petersen, C. S.; et al. (1997). "The HIPPARCOS Catalogue". Astronomy and Astrophysics. 323: L49–L52. Bibcode:1997A&A...323L..49P.
  15. Perryman, Michael (2010), "The Making of History's Greatest Star Map", The Making of History's Greatest Star Map:, Astronomers’ Universe (Heidelberg: Springer-Verlag), doi:10.1007/978-3-642-11602-5, ISBN 978-3-642-11601-8, Bibcode2010mhgs.book.....P 
  16. Wilkinson, E.; Green, J. C.; McLean, R.; Welsh, B. (1996). "Extreme Ultraviolet Spectrum of ɛ Canis Majoris Between 600-920 Å". Bull. Am. Astron. Soc. 28 (2): 915. Bibcode:1996BAAS...28..915W.
  17. "Astronomy of the Brazilian Flag" (in Engels). FOTW Flags Of The World website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]