Limaçon
Voorkoms
In wiskunde is limaçons (uitgespreek met 'n sagte c), ook bekend as limaçons van Pascal, hartvormige wiskundige kurwes. Die kardioïed is 'n spesiale geval, met 'n skerp punt of spits.
Hulle kom voor in polêre koördinate in die vorm
en
Die term is afkomstig van die Latynse woord limax wat "slak" beteken.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Formele navorsing oor limaçons word toegeskryf aan Étienne Pascal, vader van Blaise Pascal. Ondersoeke is egter reeds vroeër deur die Duitse Renaissance kunstenaar, Albrecht Dürer begin. Dürer se Underweysung der Messung (Instruction in Measurement), bevat spesifieke meetkundige metodes vir die teken van limaçons.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Limacon. |